
Argieffoto
ʼn Veroordeelde verkragter van ʼn 13-jarige meisie, is effektief tot 30 jaar tronkstraf gevonnis.
Die verkragter (41) is in die Worcester-landdroshof skuldig bevind op aanklagte van verkragting en roof. “Die slagoffer was in 2013 op pad huis toe van die skool af, toe die man haar by ʼn erf in Houmoed, Rawsonville, gedwing en verkrag het,” het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê.
Die verdagte is kort na die voorval in hegtenis geneem. Volgens Van Wyk is daar “nooit borgtog gedurende die beskuldigde se verhoor aan hom toegestaan nie”.
Die man is 25 jaar tronkstraf opgelê vir die verkragting van die minderjarige en ʼn verdere 15 jaar vir roof, waarvan 10 jaar gelyklopend met die verkragtingsvonnis uitgedien sal word.