“Geen ooreenkomste is geteken nie,” was Van Rooyen se kortaf antwoord op ‘n vraag of hy gevra is om enige veranderinge aan SAL se vliegtuigverhuringsooreenkoms met Airbus af te teken.
Van Rooyen wou tydens Dinsdag se mediakonferensie nie veel oor sy kort rukkie as minister van finansies sê nie. “My belangstelling vir nou en vir alle Suid-Afrikaners is op die toekoms. Indien moontlik, kom ons vermy om in die verlede vasgevang te wees,” is al wat hy wou sê op ʼn vraag oor sy bevoegdheid.
“Ek is sedert die vroeë ouderdom van 16 ʼn nederige dienaar van hierdie glorieryke beweging genaamd die African National Congress. Ek is gereed om elders ontplooi te word deur die ANC, enige plek en enige tyd, selfs al is dit net vir twee ure, selfs al is dit vier dae.”