Fanie du Preez (39), die man wat aangekla word van die moorde op sy vrou en twee kinders, is Dinsdag borgtog in die Vanderbijlpark-landdroshof geweier.
Thea (41) en haar kinders, Carlia (17) en Phillip (14), is in die vroeë oggendure van 3 Desember in hul beddens doodgeskiet. Du Preez het aanvanklik beweer hy was in die motorhuis besig toe hy skote in die huis gehoor het. Hy het beweer hy is daarna deur twee gewapende verdagtes gekonfronteer wat op vlug geslaan het, waarna hy ondersoek gaan instel en sy gesin se liggame in die huis aangetref het.

Thea, Carlia en Phillip du Preez is Vrydag uit die River of Life-kerk in Vanderbijlpark begrawe. Foto: Jacques Steenkamp/SAUK Radionuus
Thea, Carlia en Phillip is Vrydag uit die River of Life-kerk in Vanderbijlpark begrawe. Du Preez sal teregstaan op aanklagte van moord, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en dwarsboming van die gereg wanneer hy op 26 Januarie weer in die hof verskyn.
Lees alle vorige berigte oor die Vanderbijlpark-moorde op Maroela Media.