Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Zuma onderteken wet wat kabeldiewe wil hokslaan

$
0
0

Argieffoto

Argieffoto

Strenger strawwe staar diewe wat noodsaaklike infrastruktuur soos koperkabels teiken in die gesig nadat pres. Jacob Zuma ʼn wysigingswet onderteken het.

Die presidensie het in ʼn verklaring aangekondig dat Zuma die Wysigingswetsontwerp oor Strafsake bekragtig het. Volgens die presidensie maak die wysigings voorsiening vir infrastruktuurverwante-misdrywe. Die wet stel strenger bepalings vir onder meer die toestaan van borgtog en die vonnisoplegging van oortreders.

Die wysigingswet kriminaliseer skade aan of vernietiging van noodsaaklike infrastruktuur wat kan inmeng met die verskaffing van basiese dienste aan die publiek. Diegene wat onder die nuwe wetgewing skuldig bevind word, kan tot 30 jaar tronkstraf gevonnis word of ʼn boete van tot R100 miljoen opgelê word.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621