ʼn Namibiese man is Vrydag op die Kaapstad Internasionale Lughawe vasgetrek nadat ongeslypte diamante is sy besit gevind is.
Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die Kaapstadse grenspolisie het op ʼn wenk gereageer toe hulle die 37-jarige man omstreeks 21:15 in hegtenis geneem het.
“Die man het in die internasionale vertreksaal gesit en wag om sy vlug na die Verenigde Koninkryk te haal toe hy in hegtenis geneem is. Vyf ongeslypte diamante is in sy besit gevind,” het Traut gesê.
Die diamante was in ʼn klein pakkie in die man se onderbroek versteek. Die waarde van die stene is nog nie bepaal nie. Die man sal Maandag in die Bishop Lavis-landdroshof verskyn.