Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Nuuskommentaar: Trekpas vir Zuma om SA te red

$
0
0

Pres. Jacob Zuma. Foto: DoC

Pres. Jacob Zuma. Foto: DoC

Die gesiene ekonoom Dawie Roodt se stelling dat die vinnigste manier waarop Suid-Afrika uit die kake van rommelstatus kan ontsnap is om pres. Jacob Zuma te vervang, beteken die oproepe dat Zuma die trekpas moet kry het nou ’n nuwe vlak van noodsaak en gesofistikeerdheid bereik.

Uit lesersreaksies is dit duidelik dat Roodt se stelling op vrugbare aarde geval het. Deur die toetrede van ’n gesiene kundige soos Roodt word die #ZumaMustFall-oproepe tot ’n ander vlak gevoer as die gebruiklike “Zuma-bashing”. Nou weet ons die oproepe is deeglik op feite gebaseer.

Sedertdien het die slegte nuus gekom dat Anglo-American met 85 000 poste wegdoen.

Roodt verwoord ’n instinktiewe “gevoel” wat baie Suid-Afrikaners het dat Zuma se presidentskap, eerder as die stand van die internasionale ekonomie, die rede is waarom dit so broekskeur met die Suid-Afrikaanse ekonomie gaan. Groeivooruitsigte word voortdurend afwaarts aangepas. Volgens die jongste data het werkgeleenthede in die VSA in November met meer as 200 000 toegeneem – ’n skerp kontras met Suid-Afrika se vooruitsigte.

Toe Adriaan Basson, toe nog redakteur van Beeld, by geleentheid ’n aantal stappe voorgestel het hoe om van Zuma ontslae te raak, het die ANC woedend reageer met die strekking dat Zuma inderdaad ’n aanwins vir die land is. Sedertdien het die oproepe dat Zuma die trekpas moet kry toegeneem, en die reaksies daarop uit die ANC al minder geword.

Tog word die oproepe dat Zuma moet gaan getemper deur ’n stille bewustheid dat dit ’n abnormale krisis gaan verg om te voorkom dat Zuma sy tweede termyn voltooi. Dis dus ’n krisis waarmee vir die volgende aantal jare saamgeleef moet word.

Verskeie stappe kenmerkend van ’n oorlewingsmodus sien die lig, soms kortstondig. Van die land se grootste werkgewers se nuwe poste word op groot skaal, en soms meestal, in die buiteland geskep. Voelers word selfs na Botswana uitgesteek om daar ’n soort veilige hawe te vind. Pendelhuwelike is algemeen waar die hoofbroodwinner iewers in ’n woestynland of in Afrika werk en sy gesin tuis versorg.

Die Solidariteit Beweging se Plan B adem deels ook die gees van ’n oorlewingsmeganisme te midde van swak regering, maar strek ook veel verder soos om rassediskriminasie teen minderhede in die bek te ruk, en om te veg teen kulturele imperialisme.

Daar is oproepe om te voorkom dat Zuma ’n derde termyn as president van die ANC dien, en so ’n marionettepresident en -regering bewerkstellig en self vanuit Luthuli-huis sy regeerstyl voortsit. Terselfdertyd word ’n bekommerde oog op die opvolgstryd om die komende vakante presidentskap van die land gewerp. Dit lyk asof adj.pres. Cyril Ramaphosa se kanse mettertyd verskraal, terwyl dit ook lyk of Zuma se taktiek om hom te kelder deur die een hospitaal-aangee na die ander in sy rigting te slinger, aan die voete van klei begin vreet.

Die rapporte wat die DA en die Vryheidsfront Plus aan Zuma en kabinetslede uitgedeel het, dui daarop dat daar min heil in daardie geledere te vinde sal wees om Zuma op te volg. ’n Goeie voorbeeld is dat daar nou sprake van ’n kabinetskommeling is, met een van die swakste ministers, Tina Joemat-Pettersson wat glo deur ’n nog swakker Faith Muthambi as minister van energie vervang gaan word. Ook minister Nhlanhla Nene van finansies se kop gaan glo rol, en die vermoede is nie dat dit gaan oor die ekonomie wat so tuimel nie (die skuld hiervoor kan eerder voor die deure van ministers Davies en Patel gelê word) as dat die tesourie taai in die bek is om buitensporige uitgawes van ministers te finansier.

Die hartseer slotsom in hierdie stadium is dat daar geen waarborg is dat Zuma deur ’n meer bekwame en beter president opgevolg gaan word as hy self nie. Dit maak die suksesvolle deurvoering van Plan B net al hoe belangriker, ’n plan waar nie net “binne die laer” standaarde en beginsels gehandhaaf word nie, maar ook baie hard gewerk word om dinge daarbuite reg te laat werk.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!