Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Ses vas ná ‘kaping’

$
0
0

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Ses mense is in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn kaping nagemaak het om goedere te steel.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê twee mans het Saterdag by die Harare-polisiestasie in Khayelitsha beweer hulle het op die N2 in die rigting van Macassar gery, toe hul Hyundai-vragmotor en sleepwa wat vol huishoudelike toerusting glo gekaap is.

Die mans het beweer ʼn voertuig het teen die vragmotor gebots en hulle gedwing om stil te hou. Die mans wat in vragmotor was het glo hierna die bestuurder van die voertuig gekonfronteer waarna hy glo ʼn vuurwapen op hulle gerig het.

kaapstad-kaping“Die twee klaers het beweer hulle het te voet van die toneel gevlug. ʼn Kapingsaak is aanhangig gemaak en die saak is na die Macassar-polisie verwys vir verdere ondersoek.” Volgens Rwexana het voorlopige ondersoek aan die lig gebring dat die kaping nooit plaasgevind het nie en dat die mans glo onder eed gejok het.

Die ondersoek het die polisie na adresse in die Paarl en Milnerton gelei, waar die gesteelde goedere gevind is en ses verdagtes, tussen die ouderdomme van 26 en 35, in hegtenis geneem is. “Die totale waarde van die goedere waarop beslag gelê is, is sowat R200 000. Die verdagtes staan tereg op aanklagte van meineed en regsverydeling en sal binnekort in die Somerset-Wes-landdroshof verskyn.”

Lt.kol. Richard Koopman, Macassar-stasiebevelvoerder, het die beamptes geloof vir hul ondersoek na die saak en die inhegtenisname van die verdagtes. Hy het ʼn streng waarskuwing gerig aan gemeenskapslede om nie vals sake aanhangig te maak nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!