Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Baba Nico: ‘Nou kan ons die hoofstuk afsluit’

$
0
0

Baba Nico. Foto: Verskaf

Baba Nico. Foto: Verskaf

Die huiswerker wat ʼn ouerpaar van Welkom se babaseuntjie, bekend as baba Nico, aangerand het, is Vrydag in die Welkom-streekshof gevonnis.

Landdros Collin Nekosi het Mafsehidiso Lisbeth Makashea tot 12 maande tronkstraf gevonnis, wat vir drie jaar opgeskort is. Sy is verder tot 36 maande korrektiewe toesig gevonnis en moet spesifieke behandelingsprogramme ondergaan. Makashea is onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit of met kinders te werk.

Makashea is skuldig bevind aan aanranding nadat sy in Desember op video afgeneem is waar sy baba Nico, wat toe sewe maande oud was, klap as hy huil, sy kop teen die vloer vasdruk en hom aan sy hempie optel. Sy is aanvanklik van aanranding met die doel om ernstig te beseer aangekla, maar die direkteur van openbare vervolging het dit later verander na aanranding.

Anna-mi Linde, baba Nico se ma, het aan Maroela Media gesê dié hoofstuk van hul lewe is nou afgesluit en hulle kan nou aanbeweeg. “Ek glo mense kan hieruit leer en die erns daarvan besef. Wie doen ʼn intense ondersoek voordat hulle ʼn huishulp aanstel? As daar enige gedragsveranderinge by jou kind voorkom, moet jy onmiddellik ondersoek instel en kyk waar dit vandaan kom. Die stukkies van die legkaart het eers later vir my inmekaar begin pas.”

Volgens Linde het Makashea in die hof aangevoer dat sy die ma van vier kinders is en ook na haar suster moet omsien. “Die regter het die swaarste vonnis gegee wat hy kon. Dit voel egter nie vir my of sy [Makashea] berou het vir wat sy gedoen het nie. Selfs die regter het nadat hy die video gekyk het vir haar gesê die kind het net toenadering by haar gesoek.”

Anna-mi het destyds gesê dat sy op 21 Desember, voordat sy saam met haar sesjarige dogtertjie inkopies gaan doen het, ʼn handkamera in die sitkamer opgestel het waar Makashea na Nico omgesien het. Sy het ʼn slegte ondervinding met hul vorige huiswerker gehad en wou vir haar eie gemoedsrus sien hoe Makashea haar kinders behandel wanneer sy nie tuis is nie.

Klik hier vir alle vorige berigte oor baba Nico op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!