
Foto: Johni Edwards
Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, het gesê die 63-jarige man, sy 50-jarige vrou en ‘n 41-jarige familielid het Donderdagaand geslaap toe ses gewapende mans die huis se deur afgebreek het.
Volgens Ramaloko is die ses mans na die egpaar se slaapkamer. “Die man het sy vuurwapen probeer gryp, waarna hy in die bors geskiet is. Hy is op die toneel dood.” Die verdagtes het die vrou erg aangerand en gedwing om die kluis oop te sluit. Die familielid is met skoenveters vasgebind en aangerand.
Ramaloko het gesê die vrou is ernstig beseer en in ʼn hospitaal opgeneem. Die familielid is ook gehospitaliseer, maar is reeds ontslaan.
Die verdagtes het met twee 9mm-pistole en die egpaar se voertuig gevlug. Die motor is Vrydagoggend verlate in Mooinooi gevind. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek sake van moord, poging tot moord en huisroof.