Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Poetin dreig Turkye met verdere sanksies

$
0
0
President Wladimir Poetin van Rusland Foto: Rusland-regeringskantoor

President Wladimir Poetin van Rusland Foto: Rusland-regeringskantoor

Wladimir Poetin, president van Rusland, het Donderdag Turkye met nog sanksies gedreig nadat hulle ʼn Russiese vliegtuig afgeskiet het.

Poetin het gesê Rusland is bewus van onwettige oliehandel in Ankara met die Islamitiese Staat (IS)-terreurgroep.

Turkye het verlede week ʼn Su-24 op die grens tussen Sirië en Turkye afgeskiet.

“Ons weet wie in Turkye hul sakke vul en terroriste toelaat om wins te maak uit olie wat uit Sirië gesteel is,” het Poetin aan die Federale Vergadering tydens sy jaarlikse staatsrede gesê. “Dit is geld wat hierdie rowers gebruik om vir huursoldate te betaal, wapens aan te koop en onmenslike aanvalle teen ons inwoners te organiseer.”

Betrekkinge tussen Moskou en Ankara het dramaties versleg nadat die vliegtuig afgeskiet is. Turkye voer aan die vliegtuig het sy lugruim oortree, maar Rusland ontken dié bewering.

ʼn Russiese vlieënier aan boord die vliegtuig is tydens die aanval dood. ʼn Marine-soldaat is dood tydens die reddingsoperasie. Poetin het sy toespraak begin deur ʼn oomblik van stilte vir die gevalle soldate, wie se vroue ook teenwoordig was.

Poetin het egter dit benadruk dat Rusland die Turkse inwoners as vriendelik beskou en dat Moskou geen bedoeling het om Turkye te dreig met ʼn vertoon van militêre mag nie.

Rusland het reeds sanksies teen Turkye ingestel wat ʼn verbod op landbouprodukte en konstruksiemaatskappye insluit, in reaksie daarop dat Ankara versuim om om verskoning te vra ná die voorval.

Poetin het die land met verdere sanksies gedreig in sy toespraak.

Die Russiese leier het ook ʼn verenigde anti-terreur-front onder leiding van die Verenigde Nasies bepleit en gesê dit sal onmoontlik vir ʼn enkele land wees om enige oorwinning oor terreur te behaal te midde van oop grense en ʼn toestroom van vlugtelinge.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!