Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Suid-Afrika en China onderteken ooreenkomste van R94 miljard

$
0
0
President Xi Jinping en pres. Jacob Zuma tydens Xi se staatsbesoek aan Suid-Afrika (Desember 2015) Foto: Kopano Tlape, departement van kommunikasie

President Xi Jinping en pres. Jacob Zuma tydens Xi se staatsbesoek aan Suid-Afrika (Desember 2015) Foto: Kopano Tlape, departement van kommunikasie

Suid-Afrika en China het ooreenkomste van R94 miljard onderteken, kort nadat die president van China, Xi Jinping, vir sy staatbesoek in Pretoria aangekom het, het pres. Jacob Zuma Woensdag gesê.

“Ons het veral gefokus op ons ekonomiese en handelsbetrekkinge,” het Zuma aan verslaggewers by die Uniegebou in Pretoria gesê ná gesprekke met die Chinese afvaardiging onder leiding van Xi. “Ons het sopas gesien hoe 26 ooreenkomste van R94 miljard onderteken word. Die volume ooreenkomste dui op die hoeveelheid werk wat die afgelope paar maande gedoen is. Ons het ingestem dat meer gedoen, en sal gedoen word, om ons handel- en beleggingsyfers te verhoog.”

Die twee lande het ooreenkomste in verskillende bedrywe onderteken, waaronder ʼn kwytskelding vir visumvereistes vir diplomatieke en amptelike paspoorthouers; ʼn vestiging van ʼn Chinese kulturele sentrum in Suid-Afrika en samewerking tussen die Suid-Afrikaanse en Chinese departemente van inkomste en doeane.

Suid-Afrika se staatsbeheerde ondernemings waaronder Eskom, Transnet, die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK), SA Nasionale Ruimteagentskap en die Suid-Afrikaanse Kernkragkorporasie (Necsa) het ook ooreenkomste aangegaan met Chinese instansies.

Zuma het gesê Xi se tweede staatsbesoek aan Pretoria is beduidend. “Dit is ʼn geskiedkundige besoek wat op die vooraand van die Focac (Forum vir China-Afrika-samewerking)-beraad plaasvind. Ons is geëerd om hierdie belangrike geleentheid in Suid-Afrika aan te bied,” het Zuma bygevoeg.

Xi het gesê hy sien ook uit na die Focac-beraad in Johannesburg en om betrekkinge tussen China en die hele Afrika te verstewig. “Die beraad vind op die 15de herdenking van Focac plaas en dit is die eerste keer wat die beraad op die Afrika-kontinent gehou word,” het die leier van die wêreld se digsbevolkte land gesê. “Dit is ʼn mylpaal vir die ontwikkeling van Afrika-China-betrekkinge en meer gebalanseerde, inklusiewe en volhoubare ontwikkeling van die wêreld.”

Xi is Woensdagmiddag met ʼn saluut van 21 skote by die Uniegebou verwelkom.

Die Focac-beraad vind op 4 en 5 Desember plaas.

Die departement van internasionale betrekkinge het vandeesweek bevestig dat handel tussen Suid-Afrika en China van R118 miljard in 2009 verhoog het tot R271 miljard aan die einde van 2013.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!