Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Malema het weer houtwerk gedop, sê Mandla Mandela

$
0
0

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Mandla Mandela het ʼn striemende aanval op Julius Malema, leier van die EFF, gedoen.

Mandela het in ʼn verklaring ANC-beleid en -praktyk verdedig en Malema aangevat oor opmerkings wat laasgenoemde Woensdag oor Mandla se oupa, Nelson Mandela, by die Oxford Universiteit gemaak het. “Dit blyk dat Malema hom oorgegee het aan die soort denke wat Eugene Terre’Blanche se missie gekenmerk het, naamlik om ons ontluikende demokrasie tot elke prys te ondermyn.”

Malema het studente by die universiteit toegespreek en onder andere ook vir adjunkpresident Cyril Ramaphosa en die sakeman Patrice Motsepe aangeval. “Die afwyking van die Vryheidsmanifes was die begin van die uitverkoop van die revolusie. Toe Mandela teruggekeer het uit die tronk het hy van Winnie Mandela geskei en in die huis van ’n ryk wit man gaan bly. Die Oppenheimers het vir hom gesorg.

Mandla Mandela

Mandla Mandela

“Mandela het die klubvergaderings bygewoon van die wit mans wat die Suid-Afrikaanse ekonomie besit het. Hy het in een van hul huise gewoon; hulle het 24 uur per dag toegang tot hom gehad. Hulle het vir hom gesê dit wat hy verteenwoordig, sal nie bereik word nie. Dis toe dat hy teen homself gedraai het,” het Malema aan die studente gesê. “Die Nelson wat ons nou vier, is ’n verhoog-beheerde Mandela wat die beginsels van die revolusie in gedrang gebring het, dit wat in die Vryheidsmanifes vervat is.”

Volgens Mandela is dit verregaande dat Malema vir “Madiba” daarvan beskuldig dat hy die Vryheidsmanifes “uitverkoop” het aangesien die EFF volgens hom alles waarvoor die Vryheidsmanifes staan, minag.

“Julius Malema het geen agting vir tradisionele Afrika-waardes soos respek vir ouderlinge, wedersydse respek, soos vervat in die gees van ubuntu, of ons lang tradisie van beginselvaste stryd waarvoor baie geslagte lewe en ledemate geoffer het nie. Soos dié van baie van ons staatmakers en helde, is Madiba se nalatenskap onaantasbaar. Julius Malema se twakpratery is net dit, naamlik twak.

“Daar is geen perke aan Malema se onbetaamlike gedrag nie. Hierdie keer was dit Madiba se nalatenskap wat hy aangeval het. Hy het nie besef dat hy die einste tak waarop hy sit, afkap nie. Hy het weer houtwerk gedop,” het Mandela gesê.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!