
Foto: Netcare 911
“’n Vragmotorongeluk het veroorsaak dat ’n heining op die oorhoofse lyn geval het. Ons kan bevestig dat geen treine betrokke was by die voorval nie en ons tegniese span herstel tans die diens tussen die twee stasies,” het Kesagee Nayager, woordvoerder van die Gautrein, gesê.
Netcare 911 het intussen bevestig dat die bestuurder van die vragmotor kritiek beseer is in die ongeluk.