
Die helikopter wat geval het. Foto: ER24
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel het twee mans langs die helikopter in die veld gesit. “Een van die mans het matige beserings opgedoen terwyl die ander man nie beseer is nie.”
Volgens Meiring het paramedici die man wat beseer is op die toneel behandel voordat hy met ‘n private helikopter na ‘n hospitaal geneem is vir verdere behandeling. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.