Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Tronk se krane loop droog

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Nagenoeg 2 200 gevangenes by die Grootvlei-gevangenis in Bloemfontein word deur ʼn watertekort geraak nadat die gevangenis se watertoevoer Donderdagaand “drooggeloop” het.

“Watertenks en emmers is aan die gevangenis verskaf om aan die gevangenes se minimale waterbehoeftes te voldoen nadat ʼn hoofwatertoevoerpyp gebars het,” het die Vrystaatse departement van korrektiewe dienste in ʼn verklaring gesê.

Die departement het gesê die hoeveelheid water wat verskaf word, kan slegs gebruik word vir basiese higiëne, die voorbereiding van voedsel, om gedrink te word en om medikasie te neem.

“Die departement van openbare werke is op die perseel en besig om die gebarste pyp reg te maak. Gevangenes is ook oor die situasie ingelig en versoek om geduldig te wees totdat die probleem opgelos is.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!