Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Sir Richard Branson in ‘relletjie’ betrokke by Kruger-lughawe

$
0
0
Sir Richard Branson. Foto: Twitter

Sir Richard Branson. Foto: Twitter

Sir Richard Branson, die wêreldbekende sakeman en stigter van die Virgin-groep, was vroeër vandeesweek in ʼn relletjie by die Kruger-Mpumalanga-lughawe betrokke.

Sandile Memela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het gesê Branson en ʼn klein groep medereisigers het Maandag by die lughawe geland. “Die groep het versuim om by die doeanekantoor aan te meld.”

Volgens Memela het Johannes Mahlangu, ʼn doeanebeampte van die SAID, gesien die groep meld nie by die kantoor aan nie. Hy het hulle agternagesit en toe na die kantoor vergesel. Mahlangu is verantwoordelik vir doeaneklaring van internasionale besoekers by die Kruger-Mpumalanga-lughawe.

“Mahlangu het die groep reisigers ingelig van ʼn R2 000-boete wat aan hulle opgelê is aangesien hulle nie aanvanklik by die doeanekantoor aangemeld het nie.” Volgens Memela word daar ingevolge die doeane-en-aksynswet van internasionale besoekers verwag om onmiddellik by die doeane aan te meld met hul aankoms, anders kan ʼn boete van R2 000 opgelê word.

Memela het gesê daar is egter vasgestel dat Branson en sy medereisigers nie bewus was hiervan nie en dat hulle onmiddellik aan Mahlangu se versoek voldoen het. Die boete is teruggetrek. “Die SAID wil graag beklemtoon dat Mahlangu sy pligte nagekom het soos deur die wet vereis word.”

Memela het gesê die SAID gee toe dat die voorval Branson dalk in die verleentheid gestel of verontrief het, maar dat die “toepassing van die wet goed vir die land en sy naam is”. Volgens Memela is daar egter geen amptelike klag in verband met die voorval ontvang nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!