Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Ná ses jaar steeds geen lasbrief vir Al-Basjir

$
0
0
Omar al-Basjir, president van Soedan

Omar al-Basjir, president van Soedan

Daar bestaan steeds geen lasbrief in Suid-Afrika vir die inhegtenisneming van Omar al-Basjir nie, al moes Suid-Afrika dit ingevolge sy internasionale regsverpligtinge al ses jaar gelede uitgereik het, het die VF Plus Woensdag gesê.

Dit het hierdie week aan die lig gekom na ʼn parlementêre vraag van die party oor die aangeleentheid.

“Die departement van justisie moes reeds in 2009 die lasbrief uitreik nadat die Internasionale Strafhof in Den Haag sy eerste lasbrief vir Al-Basjir se inhegtenisneming uitgereik het,” het Anton Alberts, woordvoerder van die party, in ʼn verklaring gesê. “Dit blyk dat daar plaaslik groot verwarring oor die lasbrief bestaan.”

Die Internasionale Strafhof het in 2010 ʼn tweede lasbrief uitgereik vir ʼn klag van misdade teen die mensdom, maar ook daarvan het niks gekom nie.

“Uit die antwoord van die minister van justisie en korrektiewe dienste blyk dit dat die tweede internasionale lasbrief wel na Suid-Afrika gestuur is, maar dit het nooit by die departement van justisie vir prosessering uitgekom nie,” het Alberts bygevoeg. “Dit blyk ook dat daar ‘probleme is’ om vas te stel wat van die eerste lasbrief geword het.”

Volgens Alberts erken die minister dat sy departement eers ná die VF Plus se vraag hieroor (24 Junie 2015) die departement vir internasionale verhoudinge en samewerking (DIRCO) versoek het om by Suid-Afrika se missie in Den Haag navraag te doen oor die ‘presiese datum’ wanneer DIRCO die lasbrief ontvang het, en wanneer dit na Suid-Afrika (justisie) gestuur is.

“Die kleitrappery in die antwoord dui op totale onbevoegdheid, alhoewel dit ook ʼn poging kan wees om toe te smeer waarom die lasbrief nooit uitgereik is nie. Die VF Plus gaan aan die Internasionale Strafhof skryf en hulle vra presies wanneer die lasbriewe uitgereik is, en wie van Suid-Afrika ontvangs daarvoor erken het.

“Die regering het hier duidelik sy internasionale verpligtinge versuim, hetsy opsetlik of deur onbevoegdheid. Enige hiervan sal egter daartoe bydra dat die land se vinnig groeiende internasionale muishond-status momentum kry.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!