Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Gewapende rooftog buite Vrystaatse dorp op kamera vasgevang

$
0
0
Foto: Facebook

Foto: Facebook

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met ʼn gewapende rooftog verlede week buite Villiers in die Vrystaat wat op kamera vasgelê is en waarvan die foto’s wyd op sosiale media versprei word nie.

Sers. Sikiswa Matoti, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat ʼn saak van gewapende roof deur die polisie ondersoek word nadat ʼn motoris op die R103 ongeveer 10 km buite die dorp beroof is.

Foto’s van die roof wat deur die voertuig se paneelbordkamera vasgevang is, is die afgelope week wyd op sosiale media versprei. Sosialemedia-gebruikers het bespiegel oor die omstandighede en slagoffer van die rooftog, asook die vuurwapens wat deur die rowers gebruik word.

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Op die foto’s kan gesien word hoe die verdagtes R5-aanvalsgewere op die bestuurder van die voertuig rig. Verskeie bewerings is gemaak dat die vuurwapens deur die polisie of die weermag uitgereik moes gewees het, maar die polisie kon dit nie bevestig nie.

Volgens Matoti is ʼn voertuig verlede Woensdag omstreeks 09:50 deur twee ander voertuie, ʼn Audi en ʼn VW Polo, voorgekeer. Matoti kon nie bevestig of die slagoffer se voertuig ʼn motor of ʼn vragmotor was nie. “Vier mans het uitgeklim en R5-aanvalsgewere op die bestuurder gerig. Hulle het met twee sakke, twee selfone en R1 000 gevlug,” het sy gesê. Die bestuurder is nie in die voorval beseer nie.

Matoti het gesê niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie en die polisie is steeds besig met hul ondersoek. Sy kon nie bevestig of die foto’s van die verdagtes wat deur die paneelbordkamera vasgevang is in die polisie se besit is nie.

Foto: Facebook Foto: Facebook Foto: Facebook

Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!