Clik here to view.

Argieffoto (Foto: imgkid.com)
Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die rowers het omstreeks 02:00 die kompleks binnegegaan en by een van die wooneenhede ingebreek deur ʼn skuifdeur oop te forseer. “Hulle het ʼn vrou en haar seun in die eenheid aangehou en geld geëis,” het Dlamini gesê.
Terwyl hulle besig was om die vrou en seun vas te bind, kon die seun daarin slaag om te ontsnap en buite toe te hardloop. Hy het ʼn veiligheidswag geroep, wat dadelik gereageer het. “Toe die veiligheidswag by die toneel opdaag, het ʼn skietgeveg tussen hom en die verdagtes ontstaan. Die veiligheidswag en een van die verdagtes is doodgeskiet, terwyl ʼn tweede verdagte gewond is,” het Dlamini gesê. “Die ander drie verdagtes het gevlug.”
Die vrou en haar seun is ongedeerd. Beslag is gelê op twee ongelisensieerde vuurwapens, balaklawas en handskoene.
Volgens Dlamini word ʼn saak van moord, poging tot moord, poging tot huisbraak, die onwettige besit van vuurwapens en opsetlike saakbeskadiging ondersoek. Die polisie is steeds opsoek na die drie verdagtes wat ontsnap het.