Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Ramaphosa versoek groter samewerking met Iran

$
0
0
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa tydens 'n vergadering in Maart 2015 by die Uniegebou in Pretoria (Foto: departement van kommunikasie)

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa tydens ‘n vergadering in Maart 2015 by die Uniegebou in Pretoria (Foto: departement van kommunikasie)

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Suid-Afrikaanse en Iranse ondernemings versoek om geleenthede vir vennootskappe te ondersoek en om te bou op die band tussen die twee lande.

Ramaphosa het dié versoek tydens sy toespraak by die Suid-Afrika/Iran-sakeforum in Tehran gemaak, het die presidensie in ʼn verklaring gesê.

Hy lei tans ʼn drie dag lange hoëvlakafvaardiging van die regering en sakeleiers tydens ʼn amptelike besoek aan Iran. Die doel van die besoek is om politieke en ekonomiese betrekkinge tussen die twee lande te konsolideer.

Ramaphosa het daarop gewys dat Suid-Afrika deurgaans die eensydige sanksies teen Iran veroordeel het en die land se reg om kernkragenergie vir vreedsame doeleindes na te streef, ondersteun.

Hy het gesê daar is ʼn groot aantal ekonomiese bedrywe wat ʼn groot moontlikheid vir samewerking bied. Dit sluit die volgende in:
* petrochemiese gaseksplorasie en die alternatiewe energiesektore;
* landbouprodukte;
* mynbou en myntegnologie;
* vervaardiging;
* chemikalieë en farmaseutika;
* klere en tekstiel;
* bosbou, papier en meubels;
* infrastruktuurontwikkeling;
* finansiële dienste;
* toerisme en gasvryheidsinfrastruktuur; en
* akwakultuur, maritieme olie- en gaseksplorasie en skeepsbou.

“Suid-Afrika is oop vir besigheid,” het hy gesê. “Ons moet saamwerk om die noemenswaardige hulpbronne oop te sluit waaroor ons beskik.”

Ramaphosa sal Sondag ook met adjunkminister van mynbou en handel Afkhami Rad, petroleumminister Bijan Mandar Zangeneh en speaker van die Iranse parlement Ali Larinjani, vergader.

Ramaphosa sal Maandag ook ʼn besoek aan die Iranse president, Hassan Rouhani, bring.

Lees sy volledige toespraak.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621