Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Een sterf toe mikrovliegtuig neerstort

$
0
0
Die wrak van die mikrovliegtuig (Skermskoot uit die video)

Die wrak van die mikrovliegtuig (Skermskoot uit die video)

Een persoon is Vrydagmiddag dood nadat ʼn mikrovliegtuig naby ʼn sportgronde in Randburg in die noorde van Johannesburg neergestort het.

“Paramedici het die liggaam naby die smeulende wrak aangetref,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Die persoon het reeds aan verskeie noodlottige beserings beswyk.” Die persoon is op die toneel dood verklaar.

Die ongeluk het naby die kruising van Garden- en Jan Smutsweg plaasgevind.

“ʼn Ooggetuie het aan paramedici gesê sy het gesien hoe die vliegtuig buite beheer begin tol,” het Meiring bygevoeg.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

Die volgende video van die ongelukstoneel is deur Rosebank Killarney Gazette, deel van Caxton-koerante, op YouTube gelaai:


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Latest Images