
Universiteit van Johannesburg Foto: Aurobindo Ogra – Eie werk. via Wikimedia Commons
Prof. Ihron Rensburg, visekanselier, het gesê die universiteit het ʼn interdik bekom om verdere betogings te verhoed. “Die vyf studente en van die personeel het klagstate ontvang, maar nie die uitgekontrakteerde personeel nie, aangesien hulle nie in die UJ se diens is nie. Dissiplinêre stappe sal binnekort volg.”
Volgens Rensburg is die voorsitter van die studenteraad een van die studente wat geskors is. Hy het gesê die universiteit het twee uitkontrakteringskontrakte en die kontrakteurs het ook interdikte bekom om hul personeel te verhoed om te betoog.
Rensburg het vroeër gesê ʼn taakspan is op die been gebring om ondersoek in te stel na die gebruik van kontrakwerkers by die universiteit. “Vakbonde, die studenteraad en kenners sal deel vorm van die span wat uitkontraktering sal ondersoek.”
Betogings by die universiteit het Donderdag gewelddadig geraak. Rensburg het erken dat die universiteit ‘n “fout gemaak het” deur dienste soos skoonmaak uit te kontrakteer. “Uitkontraktering het die lewens van mense wat ons rommel optel beïnvloed en dit is verkeerd.”