Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

UWK-bestuur versoek studente om betogings te staak

$
0
0

Betogende studente by die Universiteit van Wes-Kaapland. Foto: Twitter

Betogende studente by die Universiteit van Wes-Kaapland. Foto: Twitter

Prof. Tyrone Pretorius, rektor en visekanselier van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), het Saterdag ʼn beroep op studente gedoen om geweld en intimidasie op die kampus te staak.

Pretorius het gesê hy is bekommerd dat die #FeesMustFall-beweging, wat as ʼn prysenswaardige nasionale beweging begin het, op die UWK-kampus verval het tot die skending van basiese regte van ander.

“Ons het ook waargeneem dat hier ʼn hoë vlak van politieke onverdraagsaamheid aan die gang is. Die diepliggende polariserende verdeling onder studente is duidelik. Ons het beslis ʼn samelewingsverantwoordelikheid om ʼn omgewing te skep waar verskillende sienings en opinies gedeel en gerespekteer kan word,” het hy gesê.

Die bestuur van die UWK moes Maandag noodgedwonge die kampus tot verdere kennisgewing sluit nadat hernieude betogingsaksie opgevlam het. Volgens Pretorius het die bestuur en die studenteraad ooreengekom om te vergader om die implementering van pres. Jacob Zuma se besluit dat daar geen verhoging in studiegeld vir 2016 sal wees nie, te bespreek.

Die SR van die UWK het Zuma se besluit verwelkom en gesê hulle sal ander kwessies ook met die universiteitsbestuur bespreek. Ten spyte hiervan het ʼn groep studente onafhanklik van die SR voortgegaan met betogingsaksie, het Pretorius gesê. “Sommige van hierdie betogings was ongelukkig gewelddadig van aard en studente en personeel is geïntimideer, universiteitseiendom is beskadig en studente wat nie aan die betoging wou deelneem nie, is aangerand.”

Volgens Pretorius het hy ingestem om saam met aartsbiskop Thabo Makgoba, die kanselier, eers met die SR en daarna met die leierskap van die betogende groep studente te vergader. “Kort nadat hierdie reëling aan die studente deurgegee is, het ʼn groep studente ʼn optog van die Studentesentrum na die koshuise gehou om ondersteuning te werf. By die koshuise het veiligheidsbeamptes hulle toegang geweier, waarna die studente gordels, bakstene, stokke en sambokke teen die veiligheidswagte gebruik het. Verskeie van ons veiligheidsbeamptes is beseer, een so erg dat hy gehospitaliseer moes word,” het hy gesê.

Die betogende groep het daarna die administrasiegebou se tweede en derde vloer verwoes, asook die kampusbeskermingskantoor en die gebou van die skool vir regering.

Pretorius het gesê hy sal nie toelaat dat die betogende studente hul eise met geweld afdwing nie, aangesien dit die boodskap uitstuur dat geweld ʼn aanvaarbare manier is om mense te kry om met jou te praat. “Die universiteitbestuur kan nie aanvaar dat indien jy gewelddadig is, eiendom vernietig en ander dwing om aan die betogings deel te neem, sal jou stem gehoor word nie. As ons dit toelaat, kan ʼn klein groepie ontevrede studente ʼn hele hoëronderrig-instansie op so ʼn manier gyselaar hou, ongeag die geldigheid van hul eise,” het hy gesê.

“Ek versoek die betogende studente om terug te staan en die prosesse wat reeds aan die gang gesit is toe te laat om voort te gaan,” het hy gesê.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!