
Rob Davies, minister van handel en nywerheid tydens die bekendstelling van ‘Aukwatowa’ as deel van die projek tussen Kaapstad en Port Nolloth Foto: Smit Amandla Marine
Suid-Afrika se skeepsbouvenootskap SMIT Amandla Marine en Damen Shipyards Cape Town het ʼn tender van R1.4 miljard bekom wat ongeveer 500 poste sal skep en die plaaslike bedryf sal bevorder.
Die vennootskap gaan twee vaartuie bou om verskaffing- en ondersteuningswerk te lewer aan die De Beers-groep se diamantmynbedrywighede in Port Nolloth in die Noord-Kaap, het Rob Davies, minister van handel en nywerheid, gesê.
“Die aanskaffing van sleepbote sal ʼn groot bydrae lewer om beleggingsmoontlikhede te skep en wys dat daar geen behoefte is om oorsee vaartuie aan te skaf wanneer ons ons eie plaaslik kan bou nie,” het hy bygevoeg.
Davies was Donderdag by ʼn geleentheid waar een van die vaartuie, Aukwatowa, bekend gestel is.