Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Petrolbomme op NWU-kampus

$
0
0
Prof. Dan Kgwadi, vise-kanselier van die NWU Foto: Nico Strydom, Maroela Media

Prof. Dan Kgwadi, vise-kanselier van die NWU Foto: Nico Strydom, Maroela Media

ʼn Groot aantal petrol en ʼn groot aantal petrolbomme is op die Mahikeng-kampus van die Noord-wes-Universiteit gevind, het visekanselier prof. Dan Kgwadi Donderdag gesê.

“Indien die universiteit nie betyds reageer het nie, kon die universiteit dalk afgebrand het,” het hy gesê.

Louis Jacobs, woordvoerder van die NWU, het gesê die bestuur van Mahikeng-kampus en die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) het vergader en besluit om, gegewe die situasie, die kampus tot 15 November te sluit. “Studente word aangemoedig om die kampus te verlaat,” het hy gesê. “Diegene wat op die kampus bly, doen dit op eie risiko.”

Jacobs het verduidelik studente op die Mahikeng-kampus se eksamen begin eers op 16 November en strek tot 8 Desember 2015. Die tweede geleentheid om eksamen te skryf sal tussen 11 en 22 Januarie 2016 plaasvind. “Dit is baie belangrik om kennis te neem dat eksamens op die Potchefstroom- en Vaaldriehoek-kampusse van die NWU steeds, soos beplan, op 2 November 2015 begin.”

Hy het gesê die universiteit doen ʼn beroep op studente om vreedsaam op te tree en hulle nie te wend tot geweld nie.

Kgwadi het gesê die bestuur het met ouers vergader om die situasie te bespreek. “Ons het gevoel die beste ding om te doen is om die kampus te sluit,” het hy verduidelik. Volgens hom is daar skade op die kampus en dit bly steeds gevaarlik vir personeel en studente. “Ons kan nou bepaal wat herstel moet word voordat die studente weer op die kampus toegelaat word.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621