
Argieffoto
Maj. Pelonomi Makau, ’n woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord en het ʼn geregtelike doodsondersoek geopen.
Volgens Makau was die mans albei werknemers by die Buffelsfonteinmyn naby Stilfontein. Die twee mans was Maandag op pad werk toe toe hulle glo op die N12. in ʼn argument betrokke geraak het.
Makau het gesê die veiligheidswag het glo sy dienspistool uitgepluk en sy kollega doodgeskiet voor hy selfmoord gepleeg het. Die presiese oorsaak van die skietery word ondersoek.