
Argieffoto
Lt.kol. Thandi Mbambo, ’n woordvoerder van die polisie, het gesê Lenstah Molefe (32) se saak is tot 4 November uitgestel. Molefe is Maandag in hegtenis geneem nadat die lyke van twee vroue, met wie Molefe glo in ʼn verhouding was, in vlak graftes gevind is.
Volgens Mbambo het ʼn gemeenskapslid verlede Woensdag op die plaas na skrootmetaal gesoek toe hy op die vlak graftes afgekom het. “Hy het ander gemeenskapslede gaan roep en hulle het een van die grafte oopgemaak waar hulle ʼn lyk wat in ʼn kombers toegedraai was gevind het.” Die polisie is ontbied en die graftes is oopgegrawe.
Die oorledenes is geïdentifiseer as Nomvula Mkhwanazi (26) van Reitz en Dieketso Lefatsa (17) van Lesotho. Volgens Mbambo is daar toue om albei die slagoffers se nekke gevind. “’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat Mkhwanazi in Augustus vermoor is en Lefatsa in September.”
Mbambo het gesê die moontlikheid dat Molefe vyf ander vroue vermoor en begrawe het word ondersoek.