
Die situasie by die NWU se Mafikeng-kampus. Foto: @seahludis/Twitter
Die Noordwes-Universiteit het sy Mafikeng-kampus onmiddellik gesluit omdat betogende studente eiendom beskadig het.
Louis Jacobs, woordvoerder van die universiteit, het gesê studente het sedert 21 Oktober die Mafikengkampus oorgeneem en laat nie die bestuur en personeel op die kampus toe nie. “Hulle het aansienlike skade aan geriewe op die kampus aangerig en dit moet nou herstel word om te verseker dat die eksamen op Maandag, 2 November 2015, kan begin.”
Volgens Jacobs is die besluit vroeg vanoggend geneem om die kampus onmiddellik te sluit. “Alle studente moes die kampus teen 08:00 vanoggend verlaat. Bestuur sal nou die situasie evalueer en die nodige stappe doen om voor te berei vir die begin van die eksamen.”