Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Polisieman by laerskool doodgeskiet

$
0
0
Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn Polisiebeampte, wat nie aan diens was nie, is Dinsdagaand in sy eie motor by ʼn laerskool in Kaapstad doodgeskiet.

Lt.kol. André Traut, polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het gesê die beampte, ʼn 37-jarige konstabel wat by die Simonstad-grensposeenheid gestasioneer was, is omstreeks 20:00 by Ludwe Ngamlana Primary School in Kuyasa, Harare, doodgeskiet.

“Die slagoffer het om 19:00 sy skof klaargemaak en het nog sy uniform aangehad toe hy geskiet is,” het Traut gesê. “Ons glo die motief vir die moord was roof, want die konstabel se dienspistool is gesteel.”

Die polisie ondersoek die voorval en het ʼn beroep op die publiek gedoen om na vore te kom as hulle enige inligting oor die voorval het. “Alle inligting sal vertroulik hanteer word. Skakel Crime Stop by 08600 10111.”

Traut het namens die bestuur van die Wes-Kaapse polisie hul innige meegevoel betuig aan die familie en kollegas van die gevalle lid.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Latest Images