Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Plaasaanval-verdagte in hospitaal gevind

$
0
0

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Man wat daarvan verdink word dat hy by ʼn plaasaanval betrokke was, is onder polisiebewaking in ʼn hospitaal in Port Elizabeth.

Kapt. Johan Rheeder, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte word daarvan verdink dat hy betrokke was by die aanval Vrydag op Kobus du Toit (74) en sy 72-jarige vrou op hul plaas Brakkenfontein.

Die aanvallers het Du Toit in die huis ingeneem waar hulle sy vrou vasgemaak het. Voor hulle hom ook kon vasmaak, het hy ʼn vuurwapen wat hy aan sy lyf gedra het, uitgehaal en op die verdagtes geskiet. Hy het later gesê hy vermoed hy het een van die aanvallers gewond, maar dit was nie onmiddellik duidelik of dit wel die geval was nie. Een van die aanvallers het deur ʼn venster gespring en homself erg gesny. Hy is op die toneel dood.

Volgens Rheeder is daar ná “puik” speurwerk deur kapt. Fanus de Bruin en sy span vasgestel dat ʼn man behandeling by ʼn Baaise hospitaal versoek het. Daar is ná verdere ondersoek bepaal dat die man ʼn verdagte in die saak is.

Die verdagte het behandeling vir ʼn skouerwond gesoek en het aan die polisie gesê hy is met ʼn skroewedraaier aangeval. Volgens Rheeder is daar egter genoeg bewyse om die verdagte aan die plaasaanval te verbind.

Rheeder het gesê Du Toit is intussen reeds uit die hospitaal ontslaan. Die soektog na die ander twee verdagtes gaan intussen onverpoos voort.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621