Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

UP skort klasse op

$
0
0
Foto: @MiaWil1/GrootFM/Twitter

Foto: @MiaWil1/GrootFM/Twitter

Prof. Cheryl de la Rey, rektor en visekanselier van die Universiteit van Pretoria (UP), het studente Maandag toegespreek, kort nadat akademiese aktiwiteite opgeskort is te midde van betogings op die universiteit se Hatfield-kampus.

Anna-Retha Bouwer, woordvoerder van die universiteit, het bevestig dat alle akademiese aktiwiteite vir die res van die dag opgeskort is. Studente het vroeër Maandagoggend die kliëntedienssentrum beset en gratis onderrig geëis. Hulle het ook geëis dat De la Rey hulle toespreek.

De la Rey het later ingestem om die studente toe te spreek. Sy het bevestig dat daar nie volgende jaar ʼn verhoging in klasgeld sal wees nie. De la Rey het verder gesê daar sal nie ʼn verhoging wees ten opsigte van geld vir akkommodasie, kos en enige aanvanklike betalings nie.

Foto: @MiaWil1/GrootFM/Twitter

Foto: @MiaWil1/GrootFM/Twitter

“Studente wat vir befondsing van die nasionale finansiëlehulpskema vir studente (NSFAS) kwalifiseer, studente wat briewe van borge voorlê, en finansieel behoeftige studente wat die nodige finansiële reëlings met die universiteit getref het, sal toegelaat word om te registreer sonder die betaling van die aanvanklike registrasiegeld, op voorwaarde dat hulle voldoen aan alle ander kriteria.”

De la Rey het verder bekend gemaak dat die universiteit R20 miljoen beskikbaar gaan stel as bykomende befondsing om behoeftige studente te ondersteun. “Die universiteit se bestuur het ooreengekom dat, mits studente voortgaan om verantwoordelik op te tree, geen persone wat aan die massaprotesaksie deelgeneem het deur deur die universiteit of sy affiliasies vervolg sal word nie.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621