Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Lyke van Britse toeriste spoel by Plettenbergbaai uit

$
0
0

NSRI Plettenbergbaai. Foto: NSRI

NSRI Plettenbergbaai. Foto: NSRI

Twee Britse toeriste het vermoedelik Vrydag by Plettenbergbaai in die Wes-Kaap verdrink.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê ʼn reddingspan is net ná 18:00 na die Robberg-strand ontbied, waar hulle die liggaam van ʼn man in die vlak branders op die strand gevind het.

“Terwyl hulle op die ambulansdienste gewag het, het twee vrouens wat op die strand gestap het, nader gehardloop en gesê hulle het die liggaam van ʼn vrou 200 meter verder op die strand aangetref,” het Lambinon gesê. “Die vrou se liggaam was ook in die vlak water waar dit uitgespoel het.”

Paramedici het albei probeer bybring, maar dit was tevergeefs. Hulle is op die toneel dood verklaar.

Volgens Lambinon is intussen vasgestel dat die twee mense Britse toeriste was wat met vakansie in Suid-Afrika was. Die 28-jarige man en 26-jarige vrou het vermoedelik in die see gaan swem het kort ná hul aankoms in Plettenbergbaai. “Hulle het vermoedelik verdrink. Die seetoestande was rof met sterk strome in die gebied,” het Laminon gesê.

ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen, aangesien die polisie nie vuilspel vermoed nie. Die oorsaak van die toeriste se dood sal deur ʼn nadoodse ondersoek bevestig word.

“Die Britse owerhede help om die familie oorsee op te spoor,” het Lambinon gesê.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!