Elf mense is Vrydag beseer in ʼn ontploffing by ʼn fabriek in Polokwane.
Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê tydens die ontploffing by ʼn chemiese fabriek in Emeraldstraat, was werkers glo besig om met paraffien te werk. Dit is egter nie duidelik wat die ontploffing veroorsaak het nie.
“Elf mense het beserings in die ontploffing opgedoen. Gelukkig is nie een van die werkers ernstig beseer nie,” het hy gesê.
Die pasiënte is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.