Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Pta-seun met mes gesteek, beroof

$
0
0

Frans van Zyl in die hospitaal. Foto: Verskaf

Frans van Zyl in die hospitaal. Foto: Verskaf

ʼn Laerskoolseun van Pretoria-Noord is in die hospitaal nadat hy buite sy huis met ʼn mes gesteek en van sy fiets beroof is.

Frans van Zyl (13) het Maandag omstreeks 17:00 met sy fiets om die blok in Hestiapark gaan ry, het sy ma, Cecilia, aan Maroela Media gesê. Volgens haar gaan stap die gesin dikwels om die blok oor naweke en ry Frans gereeld deur die dag op sy fiets in die straat.

“Hy het die middag ʼn bietjie gaan fietsry om van sy energie ontslae te raak ná die vakansiedag. Ek was in die huis toe ek hoor hoe hy aangehardloop kom terwyl hy huil. Ek het dadelik gedink hy het geval,” het Cecilia gesê.

Frans het sommer oor die tuinmuur gespring toe hy by die huis kom. “Sy hemp was aan flarde en hy was histeries. Hy het net gesê, ‘Mamma, hulle het my met ʼn mes gesteek’.”

Frans het vertel twee mans het hom glo voorgekeer en sy fiets vasgegryp. Hy het vir hulle gesê hulle kan maar die fiets vat, maar een van die rowers het hom aan sy hemp gegryp. Hy kon daarin slaag om los te ruk en die rower het hom in sy rug met ʼn mes gesteek. Die twee het toe met die fiets gevlug.

Cecilia en haar man, Willem, het met hul seun hospitaal toe gejaag waar die wond skoongemaak en skanderings gedoen is om te bepaal of enige senuwees of organe beskadig is. “Gelukkig het die mes geen ernstige skade aangerig nie en hulle kon die wond net toewerk,” het Cecilia gesê. “Hy moes oornag in die hospitaal bly vir waarneming, maar ons hoop dat hy later vandag [Dinsdag] sal kan huis toe kom.”

Cecilia het gesê sy is baie geskok dat so iets helder oordag in hul woonbuurt kon gebeur. “Dit is nie eens asof hy op ʼn gevaarlike plek of in die nag rondgery het nie. Dit was reg buite ons huis. Dit is baie kommerwekkend dat sulke goed helder oordag buite jou voordeur gebeur.”

Sy het gesê Frans is nog baie getraumatiseerd ná die voorval en sal berading ontvang. “Hy moet Donderdag met eksamen begin, so ons sal maar sien of hy gereed sal wees om te gaan skryf.”

Maroela Media wag vir kommentaar van die polisie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!