Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Zuma: Geen verhoging in studentefooie vir 2016

$
0
0
Pres. Jacob Zuma tydens die aankondiging by die Uniegebou. Foto: Elmond Jiyane

Pres. Jacob Zuma tydens die aankondiging by die Uniegebou. Foto: Elmond Jiyane

Pres. Jacob Zuma het Vrydagmiddag aangekondig daar sal geen verhoging in tersiêre instansies se 2016-fooie wees nie.

Dit was die uitkoms van Zuma se vergadering met visekanseliers, voorsitters van bestuurspanne, studenteraadvoorsitters en verteenwoordigers van studente-organisasies. Zuma het gesê verskeie kwessies is by die vergadering bespreek, waarin die koste van naskoolse opleiding sterk na vore gekom het.

“Die vergadering het saamgestem dat die regering leiding moet gee oor hierdie en vele ander kwessies, insluitende transformasie en die verblyfomstandighede van studente,” het Zuma gesê. Hy het gesê hoewel ooreengekom is op ʼn 0% verhoging in studiefooie vir volgende jaar, sal die presidensiële taakspan wat aangestel is om die befondsingskwessie te ondersoek, voortgaan om na oplossings vir die toekoms te kyk.

Pres. Jacob Zuma vergader met studenteverteenwoordigers Vrydag by die Uniegebou. Foto: Elmond Jiyane

Pres. Jacob Zuma vergader met studenteverteenwoordigers Vrydag by die Uniegebou. Foto: Elmond Jiyane

Hy het gesê gratis onderrig, onafhanklikheid van tersiêre instansies, rassisme en studenteverblyf is kwessies wat dringende aandag sal geniet. Zuma het bygevoeg die taakspan sal ook met die tersiêre instansies vergader om die studie- en eksamentyd wat die afgelope tien dae verlore gegaan het weens studentebetogings, in te haal.

Chaos het vroeër Vrydagmiddag by die Uniegebou in Pretoria uitgebreek nadat betogende studente oproerig geraak het en die polisie skokgranate begin gooi het. Duisende studente het sedert vroegoggend by die Uniegebou saamgedrom in afwagting op Zuma se aankondiging. Die studente het egter oproerig begin raak en onder meer mobiele toilette aan die brand gesteek. ʼn Gedeelte van die grasperk is glo ook aan die brand gesteek.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!