Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Onwettige jagter deur leeus verskeur

$
0
0

Argieffoto ter illustrasie Foto: designerpoint, Pixabay

Argieffoto ter illustrasie Foto: designerpoint, Pixabay

ʼn Jong man is Woensdagaand deur ʼn leeu verskeur toe hy as deel van ʼn groep onwettig op ʼn wildsplaas in Limpopo gaan jag het.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê vyf mans het met ʼn trop honde op ʼn wildsplaas in die Namakgale-gebied buite Phalaborwa gaan jag. Hulle was omstreeks 18:00 te voet in die veld, toe hulle skielik deur twee leeus bestorm is.

“Drie van die mans kon daarin slaag om betyds in ʼn boom te klim, terwyl die vierde weggehardloop het. Die vyfde man en twee van die honde is egter deur die leeus verskeur,” het Otto gesê. Dit is nie duidelik hoeveel honde die mans by hulle gehad het nie. Die mans het nie vuurwapens by hulle gehad nie en het slegs met die honde gejag, het sy gesê.

Otto het gesê die oorledene is die 24-jarige Matome Mahlale. “Die leeus is die eiendom van die eienaar van die wildsplaas. Die drie mans in die boom kon uiteindelik vlug toe die leeus weggeloop het.”

Volgens Otto is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die vier mans sal egter aangekla word van onwettige jag en die onregmatige betreding van privaat grond. ʼn Geregtelike doodsondersoek is intussen begin.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!