
Argieffoto
Nkululeko Nxumalo is in die Pietermaritzburg-streekshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting en drie jaar tronkstraf vir huisbraak.
Volgens maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het Nxumalo op 17 April 2011 omstreeks 21:30 by die vrou se kamer ingebreek en haar probeer verkrag. Die vrou kon egter daarin slaag om van hom te vlug.
“Die slagoffer het omstreeks 00:30 dieselfde aand ʼn klop aan die venster gehoor en dit was dieselfde persoon wat vroeër die aand in haar kamer was. Hy het deur die venster die huis binnegekom en die vrou met ʼn mes gedreig terwyl hy haar verkrag het.”
Volgens Zwane het die slagoffer die verkragting by haar werkgewer aangemeld waarna ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak is.