Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Limpopo-universiteit loop ook onder betogende studente deur

$
0
0

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Die studente-onluste wat regoor die land woed, het Woensdagmiddag ook na die Universiteit van Limpopo se Turfloop-kampus oorgespoel.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê betogende studente het eksamens onderbreek en veroorsaak dat al die eksamens uiteindelik afgelas is. “Winkels en banke by die Zone 1-winkelkompleks moes noodgedwonge hul deure sluit,” het Otto gesê.

Die studente was op pad na die Paledi-inkopiesentrum om glo ook daar winkels toe te maak, maar lede van die openbare orde-polisie het ingegryp en die skare met rubberkoeëls uitmekaar gejaag. “Studente het polisievoertuie met klippe bestook en sommige studente het probeer om bedrywighede by die Mankweng-polisiestasie te ontwrig, maar hulle is weggejaag,” het Otto gesê.

Volgens Otto is geen beserings tot dusver aangemeld nie en niemand is nog in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie. “Die polisie behou hul teenwoordigheid in die gebied,” het sy gesê.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621