Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Baba sterf, 3 beseer in botsing

$
0
0

Foto: ER24

ʼn Babaseuntjie is dood en drie mense beseer nadat ʼn motor en ʼn bakkie Woensdagoggend op die N14 in Centurion gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel op die snelweg naby die Eeufeesweg-afrit in Thaba Tshwane het die twee voertuie in die linkerbaan gestaan. ʼn Vrou was in die agterkant van die motor vasgekeer.

“Die vrou het haar seuntjie, vermoedelik een jaar oud, vasgehou. Paramedici het die baba ondersoek en gevind dat hy geen tekens van lewe toon nie,” het Meiring gesê. Hy het gesê paramedici het alles in hul vermoë gedoen om die baba by te bring, maar dit was tevergeefs en die seuntjie is later dood verklaar.

Die ma en twee mans is op die toneel vir matige tot ernstige beserings behandel voordat hulle na die Kalafong-hospitaal geneem is.

Die polisie sal die oorsaak van die ongeluk ondersoek.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!