Die liggaam van ʼn pasgebore baba is Maandagmiddag in ʼn vullishouer in Pretoria gevind.
Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is na die toneel ontbied nadat iemand op die baba in die vullishouer in Pretoria Tuine afgekom het. Die baba was in verskeie plastieksakke toegedraai.
“Die plasenta was steeds aan die vroulike fetus vasgeheg. Daar was ongelukkig niks wat paramedici vir die baba kon doen nie,” het Dollman gesê. Paramedici vermoed die baba was nog nie ten volle ontwikkel nie.
Die polisie is na die toneel ontbied en sal die saak verder ondersoek.