Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

[Foto’s] Prinse William, Harry ‘spyt’ oor laaste oproep met hul ma

$
0
0

Prinses Diana saam met prins Harry (Foto: Twitter)

Die ontslape prinses Diana se twee seuns van die Britse koningshuis, prinse William en Harry, sê in ʼn nuwe dokumentêr oor haar lewe hulle is spyt oor hul laaste oproep met Diana wat glo baie gejaagd was.

Dié dokumentêr – Diana, Our Mother: Her Life and Legacy – word op 31 Augustus vanjaar vrygestel wanneer sy twee dekades oorlede sal wees.

In dié dokumenter praat die prinse intiem oor hul ma, en erken dat hulle enkele oomblikke voor haar dood met haar op die telefoon gepraat het.

“Ek en Harry was in ʼn groot gejaag om totsiens te sê, jy weet: ‘Sien jou later.’ As ek geweet het dit [die ongeluk] gaan gebeur, sou ek nie so blasé oor die gesprek gewees het nie,” het William in ʼn onderhoud oor die dokumentêr gesê.

Prins Harry het gesê hy en sy broer moet nou vir ewig met dié las rondloop dat hulle nie hul ma ordentlik kon groet nie.

“Sy het van Parys af gebel. Ek kan nie noodwendig onthou wat ek gesê het nie, maar wat ek weet, is dat ek vir die res van my lewe spyt sal wees oor die kort telefoonoproep.”

Prinses Diana saam met prins William (Foto: Twitter)

Nick Kent, die uitvoerende regisseur, sê Diana, Our Mother: Her Life and Legacy bied ʼn blik op die “private Diana”.

“Niemand het nog ooit die storie vertel vanuit die oogpunt van die twee mense wat haar beter as enigiemand anders geken het en haar meer as enigiemand liefgehad het nie: haar seuns,” sê Kent.

Die prinse praat onder meer oor Diana as ʼn ma en haar en prins Charles se gebroke huwelik.

Die dokumentêr spreek ook onder meer haar liefdadigheidswerk aan, maar nié gerugte oor buite-egtelike verhoudings nie.

Kent meen egter dit was die besluit van die vervaardigers om haar nie in ʼn negatiewe lig te plaas nie, en dat die Britse koninklikes geen onderwerp verbied het nie.

Intussen het Kensington-paleis ook vyf foto’s van Diana saam met William en Harry vrygestel wat nog nooit vantevore gesien is nie.

“Die hertog en prins Harry deel graag dié foto’s uit hul persoonlike foto-album van die ontslape Diana, prinses van Wallis,” het die amptelike Twitter-rekening van die Kensington-paleis gesê.

William en Harry het vroeër vandeesmaand ʼn privaat gedenkdiens vir Diana bygewoon. ʼn Standbeeld ter ere van die ontslape prinses word ook binnekort buite die koninklike broers se amptelike Londen-woning opgerig.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!