Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Kovsies ook Woensdag gesluit

$
0
0
Hoofgebou op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat Foto: UV Facebook

Hoofgebou op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat Foto: UV Facebook

Die bestuur van die Universiteit van die Vrystaat (UV) het besluit om Woensdag al drie sy kampusse te sluit.

Volgens ʼn verklaring deur die universiteit beteken dit dat akademiese aktiwiteit op voorgraadse vlak nie sal voortgaan nie en administratiewe dienste sal nie op die Bloemfontein-, Qwaqwa-, of Suid-kampusse beskikbaar wees nie. “Noodsaaklike dienste soos rekenaartegnologie, beskermingsdienste en laboratoria wat nie sonder toesig gelaat kan word nie, en die skakelbord sal steeds beskikbaar wees,” lui die verklaring verder.

Die bestuur van UV en die sentrale Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) het op die Bloemfontein-kampus vergader om studentegeldeverhogings vir 2016 te bespreek.

Betogende studente het van buite die hoofgebou tot buite die hoofhek in Nelson Mandela-rylaan beweeg. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens moes die studente verjaag. “Kampusbeskermingsdienste is in beheer van die situasie op die kampus. Al die koshuise word gemonitor en ons maak seker dat alle studente op die kampus veilig is,” lui die verklaring. “Die bestuur vergader steeds met die VSR om ʼn praktiese en verantwoordelike reaksie te vind op die studente se eise.”

Studente en personeel wat op die kampusse bly en personeel wat noodsaaklike dienste moet uitvoer, sal toegang tot die kampus hê.

Alle toetse en eksamens is geherskeduleer en studente word aangeraai om met hul dosente in verbinding te tree.

Maroela Media het vroeër berig alle bedrywighede by Tuks word ook Woensdag opgeskort.

Wits bly gesluit tot Maandag.

Maroela Media het ook berig studente het minister Blade Nzimande se voorgestelde verhogingsbeperking van 6% verwerp.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!