
Argieffoto
ʼn 17-jarige is vermoedelik deur medeskoliere vermoor by ʼn hoërskool in KwaMashu, Durban.
Willies Mchunu, KwaZulu-Natalse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het gesê hy veroordeel ten sterkste die moord op Nhlakanipho Msizi Ncanana (17) by KweSethu High School.
“Leerlinge van die informele nedersetting en koshuisleerlinge het glo met mekaar baklei,” het Mchunu verduidelik. “Die verdagte, wat Ncanana met ʼn skerp voorwerp doodgesteek is, se naam is bekend aan die polisie en hulle is op soek na hom.”
Hy het gesê lukrake soektogte sal in die oggende gedoen word deur vrywilligers van die misdaadbekampingsprojek, veterane vereniging en die Suid-Afrikaanse Polisiediens “om seker te maak skoliere is veilig”.
Mchunu het gesê ʼn spesiale vergadering is met die skoolbeheerliggaam, onderwysers, polisie, onderwysdepartement en departement vir gemeenskapsveiligheid belê om moontlike oplossings te vind.