Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Padwoedeskieter kry tronkstraf

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Mohammed Sathar (50), wat Richard Duxbury (35) in 2012 tydens ʼn padwoedevoorval op die M4-snelweg in Clairwood, Durban, doodgeskiet het, is Maandag gevangenisstraf opgelê nadat hy vroeër aan moord skuldig bevind is.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê Sathar is in die Durban-streekhof tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir moord en twee jaar vir die rig van ʼn vuurwapen.

“Die slagoffer het op 29 Februarie 2012 op die snelweg gery toe hy deur die vragmotorbestuurder [Sathar] van die pad af getrek is,” het Zwane gesê. “Sathar en Duxbury het in ʼn argument betrokke geraak, waartydens Sathar Duxbury doodgeskiet het.”

Die Brighton Beach-polisie het ʼn saak van moord ondersoek en Sathar ʼn paar dae later in Durban-Sentraal in hegtenis geneem. Die polisie het beslag gelê op Sathar se gelisensieerde vuurwapen en dit vir ballistiese toeste gestuur. Ná verskeie hofverskynings is Sutter skuldig bevind op aanklag van moord en die rig van ʼn vuurwapen.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, die provinsie se polisiekommissaris, het Sathar se vonnis verwelkom. Sy het die noodlottige padwoedevoorval ten sterkste veroordeel en die Brighton Beach-polisie geloof vir hul goeie werk wat tot Sutter se skuldigbevinding en vonnis gelei het.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!