Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Joernaliste drom saam voor Oscar se oom se huis

$
0
0

Joernaliste Dinsdagoggend buite Arnold Pistorius se huis in Pretoria. Foto: ANA

Joernaliste Dinsdagoggend buite Arnold Pistorius se huis in Pretoria. Foto: ANA

Meer as 100 plaaslike en internasionale joernaliste het Dinsdagoggend buite die huis van Oscar Pistorius se oom, Arnold, in Waterkloof in die ooste van Pretoria saamgedrom nadat die atleet sy eerste aand buite tralies in die huis deurgebring het.

Uitsaaikameras het al langs Lawley-weg gestaan, gerig op die hoofingangshek wat deur twee veiligheidsbeamptes bewaak word. Verskeie verbygaande motoriste het stadiger gery om foto’s van die groep joernaliste en fotograwe buite die huis te neem.

Pistorius se familie sal glo Dinsdag ʼn amptelike verklaring aan die media voorlees.

Pistorius is Maandagaand, ʼn dag vroeër as wat verwag is, onder korrektiewe toesig vrygelaat. Die departement van korrektiewe dienste het Dinsdagoggend sy vrylating bevestig.

“Die plaaslike bestuur van die Kgosi Mampuru II-gevangenis het Pistorius onder korrektiewe toesig vrygelaat,” het Manelisi Wolela, departementele woordvoerder gesê. “Die hantering van die plasing is ʼn operasionele aangeleentheid van die plaaslike bestuur en hoe hulle dit hanteer, is hul volste reg.”

Volgens Wolela is Pistorius se vrylating hanteer op ʼn manier wat in “die beste belange van al die betrokke partye, die slagoffers, die oortreder en die departement van korrektiewe dienste” sou wees.

Joernaliste Dinsdagoggend buite Arnold Pistorius se huis in Pretoria. Foto: ANA Joernaliste Dinsdagoggend buite Arnold Pistorius se huis in Pretoria. Foto: ANA

Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Latest Images