
Petro Nel. Foto: Facebook
“Die grondsoektog gaan egter voort en hulle fokus op spesifieke areas,” het Nicolize van der Walt, ʼn woordvoerder van die DA, gesê. “Daar is diep klowe in die area en dit is baie bebos, en dit maak die soektog uiters moeilik en gevaarlik vir almal wat deel is daarvan.”
Nel is al sedert Donderdag 8 Oktober vermis nadat die ligte vliegtuig waarin sy ʼn passasier was in Nepal verdwyn het. Nel en ʼn Russiese vlieënier was die enigste insittendes in die vliegtuig toe dit vermis geraak het. Sy was glo met vakansie in Nepal.
Volgens Van der Walt ondersteun Nel en die vlieënier se families mekaar terwyl hulle wag op nuus. Nel se man, JC, is reeds in Nepal en hulle twee seuns het Maandag daar aangekom.
Klik hier vir alle vorige berigte oor Petro Nel op Maroela Media.