Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Man op PE-kleinhoewe vermoor

$
0
0
Johan van der Berg. Foto: Facebook

Johan van der Berg. Foto: Facebook

Johan van der Berg (54), ʼn afgetrede tegnikus en sakeman, is vermoedelik deur die loop van Vrydagaand op sy kleinhoewe in die Groenbossie-omgewing in Port-Elizabeth in die Oos-Kaap vermoor.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê Van der Berg se liggaam is deur sy eksvrou, wat in ʼn aparte huis op dieselfde kleinhoewe woon, gevind.

“Die vrou is omstreeks 08:15 na Van der Berg se huis om melk te leen toe sy op sy liggaam afgekom het,” het Van Rensburg gesê.

“Daar word vermoed dat ʼn onbekende aantal verdagtes Vrydagaand of vroeg Saterdagoggend toegang tot sy huis verkry het deur die agterdeur oop te dwing.”

Hy is vermoedelik dood nadat hy met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek is. Van der Berg se huis is geplunder en vuurwapens, ʼn televisie en DVD-speler is onder meer gesteel.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!