Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Nóg ʼn universiteit gesluit weens betogings

$
0
0

Rhodes-Universiteit

Rhodes-Universiteit

Alle akademiese aktiwiteite by die Rhodes Universiteit is Maandag opgeskort nadat meer as 100 betogende studente die kampus tot stilstand gedwing het.

Die studente, sommige met stokke bewapen, het sedert sonsopkoms ingangspaaie na die universiteit afgesper. Die betogers het selfs mense wat by die Rhodes-gimnasium wou oefen, voorgekeer en verjaag. Die studente betoog teen ʼn voorlopige minimumfooi-betaling, verhogings in studiefooie en algemene universiteitskoste.

Dr. Sizwe Mabizela, visekanselier van die universiteit, het in ʼn omsendbrief aan universiteitspersoneel gesê die bestuur is bewus van die betogingsaksie by ingange na die kampus en koshuise en daarom is alle bedrywighede vir die dag opgeskort. Die Rhodes-studenteraad het op sy Facebook-bladsy ʼn beroep op studente gedoen om aan die betoging deel te neem aangesien die hoë fooie almal raak.

Die sluiting van die Rhodes-kampus volg kort ná betogings by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) verlede week, waartydens dié Johannesburgse universiteit ook tot stilstand gebring is. Die Wits-raad het Sondag vir etlike ure vergader om die ooreenkoms wat Saterdag tussen die uitvoerende raad en die studenteraad bereik is, te bespreek. Die raad het gesê dat hy Maandag teen 12:00 aan studente en hul verteenwoordigers terugvoer sal gee.

Wits sal Maandag steeds gesluit wees, maar akademiese bedrywighede sal na verwagting Dinsdag hervat. Die studente het betoog teen ʼn 10,5%-verhoging in die studiefooie vir 2016. Die universiteit het Saterdagoggend ingestem om die verhoging in fooie terug te trek totdat ʼn ooreenkoms met studente bereik kan word.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!