Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Pasop vir dié gryp-en-spaanderplekke in die noorde van Pretoria

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Die Sinoville-polisie in die noorde van Pretoria het ʼn beroep op motoriste gedoen om uiters paraat te wees vir ʼn vlaag gryp-en-spaander-voorvalle wat toeneem in hul polisiëringsgebied.

Mirna von Benecke, woordvoerder van die Sinoville-polisie, het gesê die gevaarplekke is veral op die hoeke van Breedstraat en Sefako Makgathoweg (Zambezi) in Montana, Sefako Makgatho- en Lavenderweg asook Paul Krugerlaan en Lavenderweg in Wonderboom.

“Die meeste gevalle wat aangemeld word, vind vroegoggend tussen 05:00 tot 07:00 plaas en saans wanneer dit begin skemer word,” het Von Benecke gesê.

“Die straatligte deur die poort is ook nie altyd in ʼn werkende toestand nie en maak dit makliker vir die verdagtes. Motoriste wat dié paaie gebruik, word dringend versoek om enige sakke (sportsakke, handsakke en skootrekenaarsakke) buite sig in die bagasieruim van hul voertuie te bêre.”

Sy het gesê selfone en tabletrekenaars moet ook buite sig geplaas word, indien dit nie in die bagasieruim gebêre is nie.

Von Benecke het slagoffers versoek om alle voorvalle by die polisie aan te meld sodat die verdagtes se patroon vasgestel kan word.

Sy waarsku ook dat voertuigdiefstalle en diefstal vanuit voertuie ook aan die toeneem is in die gebied, veral by winkelsentrums.

“By baie van die sentrums begin ‘remote jamming’ weer kopuitsteek. Die publiek moet ekstra voorsorg tref om hul voertuie voldoende te beveilig en die gewoonte aanleer om aan die voertuig se deure te voel of dit wel gesluit is, voordat hulle dit verlaat.”

Voertuigdiewe se gewildste fabrikate is die Toyota Hilux, Toyota Corolla, Toyota Yaris, ouer modelle Mazda, Volkswagen en Nissan 1400.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!