
Foto: SAPD
Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die ses verdagtes het die winkel omstreeks 12:00 Donderdag binnegestorm en die eienaar met vuurwapens gedreig. Die rowers het kontant geëis terwyl hulle die winkel geplunder het.
Die rowers het met ’n onbekende bedrag kontant en sigarette op die vlug geslaan. Volgens Zwane is die polisie ontbied en kon daarin slaag om vier verdagtes, tussen 19 en 20 jaar oud, in hegtenis te neem. Daar is ook op twee ongelisensieerde 9 mm-pistole en die verdagtes se wegkom-motor beslag gelê.
Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiehoof, het die beamptes geloof vir hul vinnige optrede. “Die vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om vas te stel of dit in enige ander misdade in die provinsie gebruik is.”